BESTE LIGTE KLASSIEKE – AFRIKAANSE ALBUM: Con Grazia – Kosmos Ghoema wenner 2017!

Pic

Anders, dinamies, veelsydig, grasieus en elegant. Dit is die stempel van die trio Con Grazia! Dié -susterstrio – Marchelle, Syntiche en Sharon – se vaardigheid het al op driejarige ouderdom begin toe hulle hul harmonieuse styl begin blink slyp het.

Die susters se inspirasie en aanmoediging het by hul ma, Priscilla, ‘n musiekonderwyseres, begin en hulle het gereeld as ‘n familie saam met pa en ma in kerke opgetree. Con Grazia is ‘n Italiaanse musiekterm vir “elegant & grasieus” en  word uitgespreek: “Con Gratsia”.

Hul musikale vaardigheid en vernuf spruit uit hul kwalifikasies: Bmus-grade, musiekteater, spesialislisen-

siate en internasionale opleiding aan onder meer UNISA, die Trinity College of Music en die Royal Schools of Music in Londen. Hulle was onder meer lede van die Pro Musica-orkes, die Johannesburgse Simfonieorkes, die Oos-Randse Jeugkoor, as soliste saam met die Nasionale Simfonie-orkes en die Orchestre Supérieur de Versailles in Frankryk.

As wenners van die ATKV se Prelude-musiekkompetisie én die ABSA Nasionale Musiek-kompetisie, Ghoema BESTE LIGTE KLASSIEKE AFRIKAANSE ALBUM  2017 en internasionale erkenning is Con Grazia die vergestalting van professionele suiwerheid met ‘n passie vir hul nering.

Hul musikale veelsydigheid blink in die genres klassieke, ligte klassieke style,  kontemporêre musiek, versnit met Latynse, Afrika-, jazz- en gospelinvloede.  Hul musikaliteit en vokale vaardigheid word gekomplementeer deur die viool, elektriese viool, fluit, sopraan– en altsaxofoon.

Hul optredes word gekenmerk aan vertolkingswier. Dié gehalte is al by spoggeleenthede in Suid-Afrika, Dubai, Abu Dhabi, Frankryk,  die Seychelle, België, Holland en Engeland ten toon gestel.

Nou kan musiekliefhebbers in hul ontroerende talent deel, danksy VONK-Musiek se uitreiking van die prag-album Kosmos. Die album word saam met  ‘n prentjiemooi DVD met musiekvideos van die dertien oorspronklike nuutskeppings – uit die pen van Emil Struwig (skrywer van Heinz Winckler se treffer 1001 Soene) en Con Grazia – uitgereik.

Dié luisterryke produksie – in samewerking met Bruce Wallace (wat meegewerk het aan oor die 50 goue en platinumplate vir van die land se gewildste kunstenaars) van Beat in Time Studios, verwerkings deur Francois Lessing  (medeverwerker van Corlea Botha se lied Swart koffie) en DVD-verfilming deur Dolf Brits Studio – is gestempel met orkestrale grootsheid en ‘n Afrikaanse kontemporêre gevoel. Die skoonheid en opwinding van die liefde word in die snitte Vlerke van liefde, Jy’s die een, Kom ons dans, Vier seisoene, Wees net myne, Die gejaag na wind, Ware liefde, Groter as liefde, Val Die Vie, Kosmos en drie instrumentale werke Song For You (gekomponeer deur Syntiche Claassen en Johan Kelber) en verwerkings van Hungarian Dance en Elvira Madigan verklank – romanties in ‘n geurige ruiker gerangskik.

Ervaar stylvolle musikale elegansie en ‘n tikkie briljansie! Dit is wat Con Grazia bied!

Advertisements

MEDIAVRYSTELLING 5 MEI 2017 DIE HEUWELS FANTASTIES SE NUWE ALBUM IS HIER OKAY!

DHF-Ac

Die Heuwels Fantasties (Pierre Greeff, Hunter Kennedy, Fred den Hartog en Sheldon Yoko) is terug met ‘n splinternuwe album! Al vier hulle vorige albums het binne ‘n baie kort tyd goue verkoopstatus bereik en alles is OKAY!

 

Dit is ook die titel van hul vyfde album en op 5 Mei 2017 word OKAY! amptelik bekendgestel met ‘n uithaler vertoning by Weiveld in Pretoria.  Aanhangers kan reeds nou hulle kaartjies vir die vertoning bespreek by https://itickets.co.za/events/380067  en ‘n kaartjie sluit ook die nuwe album in!

Diegene wat nie die vertoning kan bywoon nie, maar graag die album wil bekom kan dit reeds nou al by die aanlynwinkel www.suprashop.co.za bestel of by www.smarturl.it/okaydeluxe koop.

.

Die nuwe album sluit oudergewoonte oorspronklike werke uit die groep se eie pen in, maar hulle snoer ook kragte saam met bekendes soos Valiant Swart, JR en Hanu de Jongh. Verwag ook bydraes van top musikante soos Janine Neethling (klavier), Adriaan Brand (trompet), Hiram Koopman (saksofoon) en Jannie van die Gereformeerde Blues Band (tuba en tromboon). Hulle het inspirasie gaan vind in Vleesbaai op die Tuinroete en die album is weer opgeneem in die groen valleie van Stellenbosch by Jurgen von Wechmar se Sunset Studios. “Ons het onsself omring met vriende op plekke wat ons lief het.”

 

Op hierdie stadium voel dit vir ons asof die liedjies op die nuwe album, meer as die voriges, amper apart op hulle eie eilande staan, maar tog saam – as n geheel – sin maak. Ons wou graag die tydstip waar ons onsself bevind, weergee. Dis amper asof elke musiek album is soos n foto album. Mens luister so half terug na hoe jy gevoel het toe jy dit geskryf het. Ons wil graag hê dat ons musiek n positiewe uitwerking op die luisteraar het,” sê Pierre.   Koeëlbaai (saam met JR) en Gebruik My is van hulle gunstelingsnitte op die nuwe CD en hul glo dat aanhangers ook daarby sal aanklank vind.

 

Die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album, LED Liefde, wat einde-2016 vrygestel is, het in die voetspore van hulle vorige suksesse gevolg. Die liedjie se universele tema in hierdie digitale era, uitsonderlike klank en betekenisvolle lirieke het gou geresoneer by luisteraars. Dit het nie net bo-aan verskeie radiostasies (Jacaranda FM Top 20, Bok Radio Top 40, MFM Top 40, Maroela Media Top 20, SFM Top 30, Radio Helderberg, ensovoorts) se treffersparades gekuier nie, maar die liriek-musiekvideo  was ook ’n eerste vir die groep.

 

Dit is baie duidelik hierdie album is meer as OKAY!

 

Speellys:

 

  1. Inleiding
    2. Koeëlbaai ft. JR
    3. Bietjie Hoop
    4. Gebruik My
    5. Wees kalm ft. JR
    6. See staar ft. JR
    7. Sheila ft. Hanu de Jong
    8. Gebreek
    9. Led Liefde
    10. Om hemelsnaam
    11. Praat met my ft. Hiram Koopman
    12. Niks en Nêrens
    13. Miskien
    14. Voel die druk
    15. Duik in ft. Valiant Swart
    16. Laaste rondtes
    17. Jy sit hier langs my
    18. Gebreek (Reprise)

 

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

 

Facebook: https://www.facebook.com/dieheuwels/?fref=ts&ref=br_tf

Twitter: @DieHeuwels

Instagram: @DieHeuwels

YouTube: http://www.youtube.com/user/dieheuwels

SoundCloud: https://soundcloud.com/dieheuwels

Webblad: www.dieheuwels.co.za

 

Koop hulle musiek: www.suprashop.co.za

 

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: http://www.starburstmusic.co.za

LANCE JAMES – 60 GOUE JARE

Pic

DIE VETERAAN-KUNSTENAAR LANCE “BIG DADDY”JAMES VIER SESTIG GOUE JARE IN DIE SUID-AFRIKAANSE MUSIEKBEDRYF MET NOG ʼn ROERENDE TWEETALIGE COUNTRY-ALBUM

Lance James het bekendheid verwerf vir onder meer die  treffers Dankie en Vicki en vir Bloedrooi die rose en Bymekaar in duet saam met Min Shaw en After the Fire is Gone en Somewhere Between saam met Barbara Ray.

Lance is een van die min lewende legendes wat nog gewildheid  behou, in aanvraag is en onverpoosd treffers oplewer en toekennings inpalm!

Hy was in die 70’s en 80’s  ook ‘n aanbieder op Springbokradio van verskillende radioprogramme, onder meer Munt uit Musiek en Keep it Country.  Dié program word ná 50 jaar steeds op 22 radio- en internetstasies uitgesaai  – steeds deur Lance opgestel en aangebied.

Sy indrukwekkende diskografie sluit 106 albums en CD’s in. Sy professionele aanslag is deur die jare met 55 musiektoekennings bekroon, waarvan nege vir sy lewenslange bydrae is.  Die ATKV het dié ikoon in 2006 ook met en ‘n prestige-penning vereer. Tussen sy ander toekennings is SAMA-, Huisgenoot Skouspel en Ghoema-pryse. In 2015 is hy in die MTN se Radio Music Hall of Fame opgeneem vir sy baanbrekerswerk in die radiobedryf.

Dié  omgeemens  se lewensverhaal  is in twee werke –  in 2014 as Keep It Country – The Life & Times of Country Legend Lance James en in 2016 as Dankie – gepubliseer.

Sy nuwe album  is gevul met countrymusiek wat die luisteraar met uiteenlopende emosies bekoor en meevoer.  Daar is liedjies wat uitbundig opbeur; liedjies wa troos, wat emosie tap, wat  ʼn traan lat opwel – én liedjies wat boei, soos, veral One Pair of Hands en die innige gospelvertolking, Elke mens. Heelparty van die liedjies hierop is met geestelike waardes gestempel.

Lance vertolk steeds suiwer en nootvas, met volkome stembeheer, vokale diepte en warm intonasie. Die album  – met treffende verwerkings, puik orkestrasie en komplementerende harmoniesang  – is  in deur Tertius Human van VPH Studios vervaardig.

DIE LIEDJIELYS

  • Sestig goue jare – Suiderland -We Thank Thee – I Love You More Each Day – Lied van hoop – You’re My Best Friend – Here You Are – Mag die engele wag hou oor jou – I Wonder If God Love Country Music? (duet met Dan Huston – Lady (You Are My Life) – One Pair of Hands – Elke mens – The Painter (duet met Gerhard Steyn) – Will The Circle Be Unbroken – Don’t Sell Daddy Anymore Whiskey (duet met Carlo Leoni).

Dit is hóé countrymusiek moet klink: opreg, eerlik, spontaan, innig en onopgesmuk!

WAARDEER LANCE JAMES SE NOSTALGIESE HERINNERINGE!

.

Tracks

1 60 Goue Jare

2 Suiderland

3 We thank Thee

4 I love you more each day

5 Lied van hoop

6 You’re my best friend

7 Here you are

8 Mag die Engele wag hou oor jou

9 I wonder if God likes country music (met Dan Huston)

10 Lady (you are my life)

11 One pair of hands

12 Elke mens

13 The Painter (met Gerhard Steyn)

14 Will the circle be unbroken

15 Don’t sell daddy any more whiskey (met Carlo Leone)

All-Timer Radio verwelkom: Jennifer!

Jennifer Zamudio Breekweg

Na die sukses van die titelsnit van Jennifer se gelykamige nuwe cd, ONGELOOFLIK, is ons baie opgewonde op aan te kondig dat daar ‘n NUWE WEGBREEK TREFFER is.  Die lied BREEKWEG (Musiek & Liriek deur Andre Sturgeon/Riana Nel/Chrizaan – SAMRO) het ons nou onlangs verbaas met oorweldige reaksie van gehore.  Ons versoek graag of julle dit sal oorweeg om dit op ‘n hoër rotasie te plaas, indien dit reeds op julle speellys is?  En indien dit nog nie op julle speellys is nie, dit dan asb sal oorweeg daarvoor?  Dalk ook vir ‘n nuwe inskrywing op julle Top 20/30 trefferparades

In April 2017 stap Jennifer weg met twee gesogde Ghoema Musiektoekennings in die kategorieë “Beste Country Album” vir haar album “Ongelooflik” en “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar” wat toegeken is na aanleiding van die publiek se stemme wat ontvang is.

Neem asb. kennis dat die hekke by Weiveld eerskomende Vrydagaand om 20h00 gaan sluit. Ek wil benadruk dat julle asb. julle bes moet probeer om op die laatste 19h30 by die venue te wees. Hulle verwag meer as ‘n 1000 mense en ek is bang as julle later as 19h30 aankom gaan julle nie by die hekke kan inkom nie.

15170852_10157790657330298_1353409476663377584_n

As jy enige spesifieke rede het hoekom jy nie reeds 19h30 daar sal kan wees nie – laat weet my dringend dat ons ‘n plan kan maak om te sien hoe ons jou later sal kan laat inkom.

Bevestig asb. dat jy hierdie e-pos ontvang het.

Alishia van Deventer

alishia@starburstmusic.co.za / 083 635 4717

Starburst Promotions

Office: 083 635 4717

http://www.starburstmusic.co.za

UPZ

Sangoma's Theme

UPZ (pronounced U.P.Z), is an internationally renowned SA music DJ and music producer based in Johannesburg. His first single release was in 2005 with UK label Cr2, and first CD Album release was in Japan in 2007.

UPZ, has since released Top of The Chart Numbers, with esteemed House Music Record Labels such as, Strictly Rhythm (“What’s The Point ft. Nuwella), Defected Hi Rise (“All Out” ft. Jocelyn Mathieu) Objecktivity (“NoiZ” ft. Rasu), Tony Records & Soul Candi.

UPZ has also released Several Chart Toppers on the South African Charts including, ”Purple Surprise” which was No.1 nationally in 2009, Uzongilinda (UPZ remix), Afrika Wo-man (with Black Motion), Love Is Not For Hire (incl. Black Coffee remix) and “Happy Days” ft. Stephanie Cooke.

 

Moving forward, amongst others, his Stand Up album, “UPZ: Pioneers of House,  was released by Soul Candi Records (South Africa’s biggest electronic music label) and Internationally by WHAT Records, (UPZ’s own Boutique Label  based in Johannesburg established in 2007),  including collaborating with other artists such as Black Motion, Black Coffee, Qness, Cuebur, Proverb & Maleh.

 

Not only does UPZ have his own Record Label, but has also DJ’ed Internationally revealing his profound unique music, playing in and touring Europe, Southern Africa including throughout Israel (click here for UPZ live at The Spring Fiesta) been supported by well known artists such as, Dennis Ferrer, Dmitry from Paris, Black Coffee, Tony Humphries, Louie Vega, Joey Negro, Fresh, Euphonic and many others.

SoWHAT Records has also released productions from top artists such as Black Coffee, Harrison Crump, Dahl Hates Disco, Black Motion, UPZ, Cuebur & Qness and have featured vocalists such as Maleh and Kafele (USA).

 

Stand out singles include Pure Surprise by UPZ, Uzongilinda by DJ Qness, Believing by UPZ and Afrika Wo-man by Black Motion & UPZ and Love is Not For Hire by UPZ (Black Coffee Remix).

 

soWhAT Records have previously worked extensively with Soul Candi & Sheer with their releases regularly supported on all major local and campus radio stations nationwide.

 

Albums and single tracks by soWHAT records, are digitally available on all stores including Beatport, Traxsource, Juno & itunes.

 

https://soundcloud.com/sowhatrec

https://twitter.com/UPZ_soWHAT

https://www.facebook.com/UPZ

 

 

Check out UPZ’s Latest single release by  soWHAT Records from his upcoming album, titled Sangoma’s Theme – UPZ ft. Lifford, which is an uplifting house music production with lyrics portraying a universal message of hope & freedom.

 

The Official Release date for Sangoma’s Theme is, May 5, 2017!