FOKOFPOLISIEKAR Oorskry die R850 000 merk, Gauteng kry ‘n gratis vertoning!

FPK_SCHIPOL _by Liam Lynch

Jaco S. Venter, Francois van Coke, Wynand Myburgh, Johnny de Ridder, Hunter Kennedy

Photo by: Liam Lynch (circa 2006, Schiphol Lughawe, Nederland)

http://www.fokofpolisiekar.co.za/fund

Amper twee maande gelede het Fokofpolisiekar ‘n skarefinansieringsveldtog van stapel gestuur via Thundafund om fondse vir ‘n nuwe album in te samel.  Die groep het dit gedoen deur keur items en ervarings beskikbaar te maak aan hul aanhangers.

Op 10 Mei 2017 was Die Bende net-net oor die R750 000 merk.  Dit is veel meer as die R500 000 waarop die manne gehoop het.  Dis alom bekend dat hierdie bedrag binne slegs 9 dae ingesamel is.  Nadat hierdie droom-teiken bereik is, het Fokofpolisiekar ‘n gratis konsert in Kaapstad belowe sou hulle R700 000 insamel en ‘n gratis vertoning in Gauteng as hulle R800 000 kon bereik.

Lush Festival is die eerste instansie om die ‘Fokofpolisiekar vertoning’ opsie teen R100 000 te neem op hul Thundafundblad.   Dit stoot die bedrag tot R857 550, met nog 9 dae wat oor is om fondse in te samel.  Dit beteken dat Die Bende in 2018 by Lush Festival gaan optree en dat Gautengers kan regmaak vir ‘n gratis Fokofpolisiekar konsert!

Meer inligting oor die Gautengse vertoning sal binnekort bekend gemaak word, maar intussen loop die Kaapse aanhangers oor van opgewondenheid oor hul gratis konsert by Mercury Live op 25 Mei.  Deure maak om 7pm oop en die vertoning begin om 9pm.  Aanhangers word aangeraai om vroeg te kom, aangesien daar slegs plek is vir 400 mense.

Sluit aan: https://www.facebook.com/events/168287690363884/

Intussen is Die Bende hard aan die slyp aan die nuwe materiaal voordat hulle studio toe gaan in Junie.  As alles voor die wind gaan, sal die album in Julie vermeng word, voorafbestellings sal in September afskop en sal die album begin Oktober 2017 uitgereik word.

#fokofcrowdfunding

http://www.fokofpolisiekar.co.za/fund

SKAKELS:

iTunes: https://itunes.apple.com/za/album/swanesang/id292110940

Website: fokofpolisiekar.co.za

Facebook: facebook.com/fokofpolisiekarband

Twitter: @fokofband

Instagram: fokofpolisiekar

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s